
God is vandag aan diens. Trouens, Hy verskyn betyds by elke dag wat die naam ‘vandag’ dra. Hy was nog nooit laat vir sy afspraak met elkeen wat ‘vandag’ leef nie. Regdeur die eeue het God elke keer ‘vandag’ verskyn tot hulp en bystand van almal wat Hom aanroep. God is die God van vandag, nie net van gister en môre nie. Ja, dit ook. God het vele roemryke gisters agter Hom, en môre gaan daar ‘n reuse oorwinningsoptog wees as Christus terugkeer, maar vandag is tans sy dag. Dis sy werksdag, sy omgeedag, sy genade-uitdeel dag.
Vandag is die dag van redding, soos wat Paulus in 2 Korintiërs 6:2 skryf. Hy




