Sê ‘Nee!’

2012-10-18 220216

2012-10-18 220216As jy nie leer om nee te sê nie, gaan jy eendag niks van jouself hou nie, en ook nie die mense wat jy probeer paai nie. Ons is soms bang mense gaan nie van ons hou nie, of ons reken ons moet altyd ja sê om ‘goeie Christene’ te wees.

Jesus sê: ‘Maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder die oordeel val nie’ (v. 12 BVA). Alleenlik as jy die moed het om nee te sê, sal jy wasdom bereik en jouself begin respekteer, en ander sal ook.

Doen dus drie dinge:

1) Dink voor jy antwoord. Sê liewer: ‘Kan ek na jou toe terugkom?’ Moenie jouself verplig sonder om God, jou dagboek en jou gesin te raadpleeg nie. ‘As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee…’ (Jakobus 1:5 NV).

2) As jy te veel op jou bord het, sê so. Om op sogenaamde noodgevalle te reageer, geskep deur iemand anders se swak beplanning, gaan niemand baat nie. Moenie meer aanvaar omdat jy gedruk, skuldig of onontbeerlik voel nie. Jy sal vind jy is slegs onontbeerlik totdat jy nee sê – of doodgaan!

3) Gebruik jou gawes. God het aan elkeen van ons unieke talente gegee. As jy moet kies tussen die koor of die finansiële komitee, gaan na waar jou talente die beste benut sal word. Is dit maklik? Nee, maar totdat jy leer om so te maak, gaan jy te veel tyd en energie spandeer op wat dringend lyk, en afskeep wat belangrik is.

Bron : Radiokansel

Scroll to Top