Deur Sy dissipels se voete te was, het Jesus Sy bereidheid om hulle sonde te vergewe voor hulle dit nog gedoen het gedemonstreer. Van al die mans in daardie kamer was Jesus die Enigste Een wat waardig was dat Sy voete gewas word. Die briljantheid van Jesus se voorbeeld is dat die taak om ‘n brug te bou op die skouers van die sterk een rus, en nie die swakke nie. As die een wat reg is, aanbied om die een wat verkeerd is se voete te was, staan albei partye uiteindelik op hul knieë. Dink ons nie almal ons is reg nie? Daarom was ons mekaar se voete. Dis belangrik om te verstaan dat verhoudings nie floreer omdat die skuldige party gestraf word nie, maar omdat die onskuldige party genadig is.
Christus se genade het Sy dissipels se foute vooruitgegaan, en so moet ons genade ook ander se foute vooruitgaan. Die mense in Christus se sirkel het nie oor Sy liefde getwyfel nie, en die mense in ons sirkels moet ook nie oor ons s’n twyfel nie. Omdat Christus ons vergewe het, kan ons ander vergewe.
Daar is ongelooflike krag in die woorde: “Ek vergewe jou; ek is lief vir jou; kom ons gaan aan.” Is daar mense wat vandag om jou tafel sit wat van jou vergewensgesindheid verseker moet word?
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)