Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Wonderlike verhoudings
Dit verg tyd en energie om goeie verhoudings op te bou. Jy kan slegs ontdek hoe kosbaar sulke verhoudings is wanneer hulle getoets word. Een outeur het geskryf: “Wanneer jy jou hart vorm om in pas en met iemand anders s’n te klop, kan dit uitermatige kerfwerk van jou verg, sodat jy van alle egoïsme ontslae kan raak. Dit is soos om bus te ry – as daar ander mense saam met jou ry, moet jy soms bereid wees om op te skuif sodat daar plek kan wees vir hulle en hulle bagasie. Die manier waarop jy optree, sal wys hoe belangrik hierdie persoon vir jou is. Een verhouding word belangriker as ander omdat dit staande bly ten spyte van teëspoed en aanpassings.”
Die kwaliteite wat ons die meeste in ‘n vriend waardeer, is tweeledig: (a) Die wete dat hulle deur dik en dun by jou staan. (b) Die wete dat al ons tekortkominge en littekens nie hulle lojaliteit sal beïnvloed nie. Salomo het gesê: “Maats kan jou breek, maar daar kan ook ‘n vriend wees wat nader is as ‘n broer,” (Spr. 18:24, NAV). Dit gaan oor kwaliteit, nie kwantiteit nie. Dit is hoekom “hart-verbindings” soveel sterker is as “bloed-verbindings”.
Liefde beteken dat jy bereid moet wees om kanse te vat, maar die beloning is groter as die belegging. Agter elke suksesstorie sal jy mense vind wat so moedeloos was, dat hulle wou opgee, wat geval het en hulp nodig gehad het toe iemand in hulle lewens ingestap het, hulle opgehelp het en hulle gehelp het om voort te gaan. Die lewe word nie gebou op wins en prestasies nie, dit word gebou op verhoudings. Pas joune op!