
Terwyl die een soort geestelike verlamming jou lamlê, is daar ‘n ander tipe wat veroorsaak dat jy beheer verloor oor jou emosies. Jy kan nie vashou aan die dinge wat jy nodig het, soos ‘n werk of ‘n verhouding nie. Jy weet dat iets verkeerd is, maar kan dit nie regmaak nie. ‘n Derde tipe ontstaan uit verstandelike, emosionele of fisiese uitputting. As mense jou heeltyd tap, droog jy later heeltemal op. Dit is hoekom jy jouself gereeld by die bron moet laat opvul.
Wat ookal die aard van jou geestelike verlamming – die antwoord lê by Jesus. Hy gee vreugde, vryheid en doel aan jou lewe. Weier om ‘n enkele dag verder in ‘n verlamde, buite beheer en oormoeg toestand te verkeer. “Julle moet aanhou om julleself op te bou… Hou aan om te bid terwyl julle heg verbind bly aan die Heilige Gees. Hou julle liefdesband met God instand.
Kopiereg 2009 Radiokansel




