Jesus is die enigste weg

moon011110

Indien jy as kind in die eerste maansending geïnteresseerd was, sou jy ‘n onderwyseres met duisende vrae daaroor peper. Sy sou egter net kon raai, want sy was nooit daar nie. Die volgende dag is die ruimtevaarder Neil Armstrong egter in jou klaskamer en hý kan elke vraag met sekerheid antwoord. Hy ken die maan; hy het daar geloop. Geen bespiegeling of weifeling nie – hy praat met oortuiging. So het Jesus ook: ‘.Toe Jesus sy rede voltooi het, was die skare diep onder die indruk van sy onderrig. Dit was immers gesagvol… ‘ (Matteus 7:29 NLV).

Jesus kén die afmetings van die hemel. Hy kén die woorde van die liedere wat die engelekoor sing. Hy het ongeëwenaarde kennis van God – en Hy wil Sy kennis met jou deel: ‘…En niemand ken die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun die Vader wil bekendmaak.’ (Matteus 11:27 NLV). Maar let op wat Jesus vervolgens sê, ‘.”Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra . Kom leer van My . en julle sal nuwe krag kry.”‘ (Matteus 11:28-29 NLV). Onderstreep die woorde ‘leer van My’. ‘Leer van My’ om met jou geld te werk, jou huwelik te beredder en jou slegte buie te verbeter. Leer van My om die regte lewe op aarde te lei en sodoende die ewige lewe te beërwe. Hóé nodig is dit nie om te leer nie? Die informasie-era het die harwar-era geword: te veel weet-hoe en te min weet-waarom. Ons het antwoorde nodig. Antwoorde wat slegs Jesus het.

Daar is net een manier om uit te vind!

Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)

Scroll to Top