Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Stort jou hart uit voor God!
Leer om die Psalms te bid. Hulle dek die ganse spektrum van menslike emosies: dankbaarheid, woede, vrees, eensaamheid, hartseer. Die Psalmdigter skryf oor die lewe soos dit is, nie soos hy wil hê dat dit moet wees nie: ‘Ek stort my klagtes uit voor Hom en vertel Hom van my kwellinge.’ Hy gee uiting aan sy emosies. Dit verg moed. John Ortberg het geskryf: ‘Ek is so spyt oor die pyn van mislukking dat ek nie daarvan eienaarskap kon aanvaar en daaruit leer nie. Ek kon nie genees word en vorentoe gaan nie. Ek wou dit so diep begrawe dat niemand, nie eens ek nie, ooit sou kon raai dat dit daar is.’ Klink dit bekend? Die Bybel keur nie die rouproses af nie, dit waarsku ons egter om nie in die proses vas te val nie. ‘…In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde…’ (Psalm 30:6 NLV). Jy moet deur die nag van trane gaan ten einde die oggend van vreugde te bereik.
FB Meyer skryf: ‘Sommige mense beskou trane as onmanlik, ononderdanig, onchristelik. Hulle troos ons met kille woorde, gebied ons om ‘n harde, traanlose gesig voor te hou. Mens kan met reg vra of ‘n man wat nie kan huil nie, waarlik kan liefhê? Verdriet is net liefde wat diep bedroef is; die natuurlikste uitdrukking van hierdie hartseer is om trane te stort. Jesus het ook gehuil. Die Efesiërs het aan Paulus, vir wie hulle nooit weer sou sien nie, se bors gehuil. Gaan voort. Stort jou hart voor Hom uit, dis ‘n noodsaaklike stap in jou helingsproses.
Near the city of Sao Jose dos Campos, Brazil, is a remarkable facility. Twenty years ago the Brazilian government turned a prison over to two Christians.…