
Dis die rede waarom Paulus geskryf het, ‘…ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê.’ Paulus het begryp dat vergeet en uitstrek die sleutels na geestelike welsyn is. Een sonder die ander werk eenvoudig nie. Vergeet maak die deur na die verlede toe, uitstrek open die deur na die toekoms. Wat moes Paulus vergeet? Baie! Op sý bevel, is Stephanus, die eerste Christen martelaar gestenig, terwyl Paulus toegekyk het. Baie ander het gevolg. Sou jý dit kon vergeet? As Paulus nie daarin geslaag het om die verlede af te lê nie, sou hy nooit die helfte van die Nuwe Testament kon skryf nie, of ‘n kerk help vestig het wat nou al twee duisend jaar lank bestaan nie.
Jy moet dít begryp: die enigste plek waar die verlede kan leef, is in jou geheue. Die enigste mag wat die verlede het, is die mag wat jý self daaraan gee. Die woord vir vandag is dus – ‘…ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê.’
Bron : Radiokansel



