
Vat nou die ander pyle en slaan teen die grond.” Die koning het hulle opgetel, drie keer geslaan en toe opgehou. Maar die man van God het baie kwaad geword vir hom. “Jy moes vyf of ses keer geslaan het!” roep hy uit. “Dan sou jy Aram verslaan en heeltemal verwoes het. Nou sal jy net drie keer oor Aram seëvier.”‘(vv. 15-19).
Wat vra jy vir God om te doen? Iemand wat jy liefhet, te red? Geld te voorsien? Jou te help om ‘n gewoonte te breek? Sukses te behaal? Stel vas wat Hy in Sy Woord belowe het en gebruik hierdie beloftes soos pyle. Mik hulle na jou probleem en skiet. Hou aan om te skiet totdat God om jou onthalwe optree. Hierdie verhaal behoort jou te leer dat jou geloof en deursettingsvermoë soms nie alleen jou oorwinning bepaal nie, maar ook die omvang daarvan. Dus, korrel, skiet, en hou aan skiet!
Bron : Radiokansel


