
- Stilte gee jou perspektief op besluite en keuses wat jy en ek elke dag moet maak.
- Stilte maak jou bewus van jou liggaam en die spaning wat jy elke dag ervaar. Dit help jou om die spaning te hanteer en te fokus op die mooi herinneringe en gedagtes in jou lewe.
- Stilte is oomblikke in die dag waar jy kan asem skep en nuut dink oor jou drome en verhoudings waarin jy staan.
- Stilte gee jou geleentheid om by jouself uit te kom.
- Ons kan die natuur waardeer, die kleinste wurmpie raak sien, ons kinders weer met ander oe bekyk en besef dat ons moet rus, ook in stilte!
Ek wil jou uitdaag om vandag iewers stil te raak. Sit jou hand om jou middel, maak jou oe toe en haal diep asem. Blaas jou asem uit en ervaar die oomblik van stilte.
Wil jy nie saam met my nou stil raak nie? Dit is ‘n geleentheid wat ons as moderne mens nooit moet verloor nie!
Stephan Van Heerden (Klipkerk.co.za)



