Om Jesus ‘Here’ van jou lewe te maak, beteken Hy moet die eerste en laaste woord hê in alles wat jou raak. Dit beteken jy word geroep om met Hom saam te loop, om jou waarde vir Hom te bewys, om te doen wat Hy verwag, wanneer Hy wil en op ‘n manier waarop Hy dit gedoen wil hê.
Hieruit kry jy drie groot voordele. 1) Wanneer jy nie weet wat om te sê nie, sal Hy jou vertel. ‘Die Here my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek die wat moeg is, kan moed inpraat. Elke môre laat Hy my opnuut weer luister. Die Here my God het my geleer om te luister: ek was nie teen Hom opstandig nie, ek was nie ontrou aan Hom nie’ (Jesaja 50:4-5 NV).
2) As jy jouself nie kan verdedig nie, sal Hy vir jou veg. ‘…Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? As misdadigers op my afstorm om my dood te maak…dan is dit juis húlle wat struikel en val. Al sou ‘n leër teen my stelling inneem, sal ek nie bang word nie. Selfs al sou die aanval op my begin, sal ek nog steeds vertroue hê’ (Psalm 27:1-3 NV).
3) As die las te swaar word, sal Hy dit vir jou dra. ‘Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie’ (Psalm 55:23 NV). Hierdie voordele is joune as jy Jesus ‘Here’ van elke deel van jou lewe maak.
Bron : Radiokansel


