Broers en Susters van die gemeente. As ek rêrig geglo het in Blou Maandae, was een van my Maandae nie ingekleur met skakerings van blou nie. Nee!, dit sou swart en donker van die blou gewees het.
So kry ek, waarvandaan, die weet ek nie, my eerste verrassing sommer al vroeg die oggend toe ek my rekenaar net mooi opgewarm het, honderde, (alhoewel dit soos duisende gevoel het) virus waarskuwings van die een of ander TROJAN. Wie is hierdie Trojan in elkgeval? Is dit DRONKJAN se broer? Maar het hierdie Trojannetjie nou vir hierdie maat geklobber?. Dis net Virus warning: Repair / Delete or Ignore. Blykbaar loer hy by elke .exe legger in en maak nes. Getrou soos my virus program is, maak hy natuurlik histeries alarm dat my vingers lateraan krampe kry soos ek met die muis orals moet keer. Lyk eerder of ek ‘n rekenaar speletjie speel, maar te oordeel aan my gesiguitdrukking
Eish! Goed, toe ry ek na iemand om n virus skoonmaak programmatjie te gaan haal. (ek moes ry want niks wou mos by my werk nie…) Met die terugkomslag vermoed ek ‘n man het ‘n uitval met sy vrou gehad of andersom, want hy ry vanuit ‘n systraat reg voor my in sonder om te blik of te bloos. Hy kom sy foutjie agter toe my motor se buffer amper sy vrou se deur non-chalant opfrommel.
Ek het ‘n uitstekende dag gehad. Weet jy hoekom? Ek kon kies of ek my humeur gaan verloor en of ek die beste gaan maak van my situasie. Laasgenoemde was my uitweg. My Maandag was net ‘n paar uur lank. Ek hoef nie eers heeldag te gewerk het nie. What a great way to start a week.




