
Groot oomblikke kom nie na diegene wat daarop wag nie; dit spruit uit getrouheid in die klein oomblikke – sleurwerk en alledaagse diens. Rebekka het nie die Tora aangehaal of die slaaf gevra aan watter kerk hy behoort nie. Sy was nie super-vroom nie; sy was net gaaf en vriendelik. Die gevolg was dat sy die slaaf se aandag vasgevang, sy respek verkry en die skoondogter van Abraham geword het. ‘n Lewe kán omtrent nie beter wees nie! Boonop het Rebekka geweier om die gebruiklike tien dae te wag voor sy kon vertrek om Isak te ontmoet, sy het gesê, ‘”ek wil gaan…”‘ (Genesis 24:58 NLV). Wanneer God vir jou ‘n geleentheid daarstel, moenie talm nie. Moenie sê, ‘Ander is beter gekwalifiseerd as ek’ nie. As God jou roep, ís jy die regte persoon. Wat jy móét doen, is om jou vrese te oorkom en die pad te volg wat Hy vir jou aanwys.
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)


