Daar is niks wat so pynvol is soos verraad nie. En
niemand van ons is vrygestel daarvan nie. Die Psalmdigter het getreur:
“Selfs my boesemvriend op wie ek vertrou het . het my in die rug
gesteek,” (PS. 41:9, NAV).Die waarheid is dat God sekere mense toelaat in
ons lewe sodat ons lewe volgens sy doel kan verloop – selfs iemand soos Judas,
wat Jesus “vriend” genoem het, en vir wie Hy gesê het: “Doen wat
jy gekom het om te doen.” Voordat Jesus verraai is, het Hy vir sy
dissipels gesê: “Ek weet wie Ek uitgekies het. Maar die Skrif moet vervul
word: ‘Hy wat van my brood eet, het My in die rug gesteek,'” (Joh. 13:18,
NAV). Jesus kon sy roeping sonder Johannes, die geliefde dissipel, of selfs
sonder die onverskrokke Paulus wat altyd gereed was om Hom te verdedig, vervul.
Maar die verraderlike soen van Judas het Hom by die uiteindelike doel van Sy
aardse bestaan laat uitkom: Die kruisdood en die verlossing.
Jy
dus nie altyd seerkry vermy nie. Maar God
herevalueer en te besef die persoon wat jy gedink het jou vyand is, is eintlik
‘n vermomde vriend. God sal nie toelaat dat sy planne vir ons gesaboteer word
deur iemand anders se aksies nie. Wanneer jy onder die skild van sy beskerming
is, sal Hy jou Judas slegs toelaat om sover te gaan en nie verder nie. Omdat jy
‘n kind van God is, bepaal sy doel hoeveel skade ander jou
verminder dit die vrees om weer by iets betrokke te raak nadat jy eenmaal
seergekry het. Die Psalmdigter het gesê: “Dit is vir my goed dat ek
swaargekry het . daardeur het ek u voorskrifte geleer,” (Ps. 119:71,
NAV).God hou daarvan om ‘n negatiewe om te skakel in ‘n positiewe. Alhoewel
niemand van ons dit geniet om swaar te kry nie, leer dit ons om goed beter te
verstaan wat ons onder normale omstandighede nooit sou verstaan nie.
© 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za