Wees dankbaar vir jou werk

ImageDit is maklik om te kla oor jou huidige posisie – of dit nou as ‘n nagskof kassier by die petrolstasie of as die Hoof Uitvoerende Direkteur van ‘n reusagtige maatskappy is – as jy nie waardeer hoe jy daardie posisie bereik het nie. Waar sou ons wees sonder ma’s wat deeltydse werke doen sodat hulle kinders klavierlesse kan neem, óf sonder pa’s wat ‘n tweede werk doen sodat hulle kinders universiteit toe kan gaan? Voordat jy een tree verder stap, stop en bedank ander vir die bydraes wat hulle in jou lewe gemaak het.
Jy sê dalk: “Maar dit gaan nie so goed met my op die oomblik nie.” Dalk nie, maar toe Josef deur sy broers as ‘n slaaf verkoop is, was daar nie ‘n kans dat hy kon raai hoe God hierdie bose daad van hulle onderstebo sou keer en hom in ‘n leiersposisie sou plaas sodat hy eendag ‘n volk sou red nie. Die Bybel vertel die een verhaal na die ander van teëspoed wat verander is in voorspoed, en verliese wat verander is in ‘n wins. Daar is ‘n meesterplan wat besig is om in jou lewe te ontvou. Wees wys, en vat die lesse wat jy geleer het saam met jou in die toekoms in wat God vir jou beplan. Wanneer die bose oor jou pad kom, vind jou troos in die wete dat God in beheer is. Die duiwel stook dalk die vuur waarin jy nou moet sit, maar wees verseker daarvan dat God sy hand op die termostaat hou!
Die verhaal van Job vertel aan ons dat die duiwel toestemming moet kry om ons aan te kan val. As God dus hierdie aanval toelaat, beplan Hy reeds ‘n oorwinning. Hy sal ons nie toelaat om deel te wees van ‘n stryd wat ons nie kan wen nie! God soek persoonlik mense uit wat Hy na verskillende plekke kan stuur, sodat Hy vereer kan word. Hy “(laat) alles ten goede meewerk vir dié wat Hom liefhet,” (Rom. 8:28, NAV), so moenie oorweldig voel nie. Hou net jou oë oop en sien raak wat God besig is om te doen!
© Radio Kansel 2009 (www.radiokansel.co.za)
Scroll to Top