Parker Palmer skryf: “Jy kan nie jou roeping kies nie; jou lewe moet daarvan spreek.” Dalk is jy bestem om te studeer. As dit die geval is, sal jy graag lees, nadink, skryf en onderrig. Maar as jy glo (of deur ander oortuig word) dat jy sukses moet behaal in ‘n korporatiewe omgewing om betekenis aan jou lewe te gee, sal jy jou lewensroeping teëwerk.
Die filosoof, Mortimor Adler, verwys na die briljante denkers wat almal geroep is om deel te neem aan wat hy noem “the great conversation of the human race”. Raai wat? Nege-en-negentig persent van ons sal nooit om daardie tafel sit nie! Maar ons kan wel hoor “Uitstekend, jy is ‘n voortreflike slaaf” (Matt 25:21) – God se belofte aan almal wat Sy stem onderskei, dit aanvaar en hul lewens daaraan toewy.