
Die jongman sal dan , gewoonlik twee koeie, aanbied vir die dogter. Indien sy nou uiters mooi was , of slim, dan het hy drie aangebied. Die rekord in die dorp was vier koeie.
Johnny Lingo was die ryk jongman van die eiland. Die vroue op die eiland was in ekstase toe Johnny die dag bekend maak hy het sy vrou gekies. Groot was die skok toe die dorpenaars hoor dit was Lisa. Lisa was nie in die top tien mooi meisies van die dorp gewees nie. Lisa was skaam, onvriendelik, verwaarloos en bang.
Almal was by Lisa se huis om die onderhandeling te hoor. Sommige het gespot en gesê dat Lisa se pa moet Johnny eintlik ‘n koei of twee gee. Groot was hulle skok toe Johnny agt koeie aanbied vir haar.
Haar pa het amper inmekaar gesak, maar hy het dit aanvaar. Daardie aand is hulle getroud en die volgende dag het hulle vertrek na ‘n eiland daar naby waar hul huis was.
Dit was hulle eerste huweliksherdenking dat hulle weer op die eiland kom om vir hulle ouers te kom kuier.
Almal was verbaas oor die paartjie. Eintlik was Johnny op die agtergrond, maar Lisa was sprankelend, vriendelik, opgewek en liefdevol. Almal het net oor haar gepraat.
Die einde van die dag moes hulle weer terug na hul huis. ‘n Vriend van Johnny het hom nader getrek en uitgevra na die transformasie van Lisa.
Johnny het gesê dat Lisa is van haar geboorte behandel as ‘n ou stuk lap. Sy het later geglo dat sy ‘n nikswerd is. Ek het haar aan die dorp bekend gestel as ‘n agt koeie vrou en haar daarna so behandel. Sy het verander toe sy elke dag my bewondering en liefde in my oë sien.



