
In die Theatre Arts Magazine is ‘n artikel geplaas oor een van die mees frustrerende gesprekke in die geskiedenis. ‘n Intekenaar wat die tydskrif wou kontak, het die telefoongids se navraekantoor gebel om die tydskrif se nommer te kry. Die operateur het gesê: “Jammer, daar is niemand in die telefoongids met die naam Theodore Arts nie.”
Die kliënt het volgehou dat dit nie ‘n persoon is nie, maar ‘n publikasie. “Ek is op soek na Theatre Arts!” het hy gesê. Die operateur maak haar stem ‘n bietjie dik: “Ek het vir jou gesê ons het nie ‘n nommer vir Theodore Arts nie!” Teen hierdie tyd kook die intekenaar al bietjie: “Die woord is ‘theatre’: T-H-E-A-T-R-E!” Die operateur reageer met net soveel sekerheid in haar stem: “Dis nie hoe mens Theodore spel nie!”
Argumente is ‘n mors van tyd.
Bron : Radiokansel



