
(1) Ons bid nie vir hulle nie en glo nie dat God dit kan doen nie. Jesus het gesĂȘ: “As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hĂȘ, en julle sal dit kry,” (Joh. 15:7, NAV). Jou gebede nooi God uit, dit gee aan Hom ‘n punt en ‘n kanaal waardeur sy wonderlike krag kan vloei sodat Hy jou omstandighede kan verander. Jy moet bid Ă©n glo dat Hy dit kan doen!
(2) Ons dink dat die dae van wonderwerke verby is. Die Skrif verklaar: “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid,” (Heb. 13:8, NAV). Eintlik was daar nooit “dae van wonderwerke” nie, daar is slegs die God van wonderwerke en Hy verander nooit nie. Moenie Hom beperk nie!
(3) Ons laat sonde toe om ons moed te breek. Johannes skryf: “Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God te gaan; en wat ons vra, kry ons van Hom omdat ons sy gebooie gehoorsaam en doen wat Hy goedvind,” (1 Joh. 3:21-22, NAV).
(4) Ons kyk vas teen die situasie in plaas daarvan om op te kyk na ons Verlosser, en ons geloof wankel. Toe Jesus vir Petrus gesĂȘ het: “Waarom het jy getwyfel?”, het Hy gesĂȘ: “Moenie toelaat dat hierdie storm jou oorweldig nie. Ek is hier by jou. Jou probleem is onder my voete, en dus ook onder jou voete. Hou net jou oĂ« gerig op My, hou aan om met geloofsvoete te loop en moenie van die plan afwyk nie!”
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)




