Die lewe is vol stories en verhale. Ek het nog groot geword met die verhale van Racheltjie de Beer, Wolraad Woltemade en die bekende Grimm broers se jeugverhale. Ek was veral ook baie lief vir die Trompie-stories en die fotoverhaal boekies wat as ;n groot euwel beskou was. Stories het my aangegryp en ek het besef dat buiten die gewone stories, ek en jy ook elkeen verhale van ons eie het. Hierdie stories vertel dikwels iets van jouself en die wereld waarin jy groot geword het.
‘n Mens sou die verhale ook beskryf as oomblikke waar ek en jy iets wat in ons lewe gebeur het veral met mense deel wat ons kan vertrou. Hierdie deel van jouself met ander behels die volgende:
- Deel met iemand jou storie van seer en van mooi veral deur antwoorde te gee op die volgende vraag: “Hoe was dit voor die seer in jou lewe?”
- Brei uit oor die seer en deel die gebeure: “Wat het gebeur?” Probeer kensentreer op jou sintuie tydens en na die seer- (Wat het jy geproe, gesien, gehoor en geruik?).
- Deel met mekaar die tyd na die seer of trauma. Wat het verander?, Hoe is jou lewe nou?
- Die vrae: Wie, Wat, Waar Wanneer en Hoe, en die antwoorde is nogal beangrik ten einde jou diepste mooi en seer te verstaan en met ander te deel.
- Ons stories behoort ons gereeld met mekaar te deel, stories van kind-wees en groot-word, stories van seer en van mooi. Uiteindelik word ek en jy gesond en word die stukkendheid vervang met ‘n glimlag en ‘n “nuwe jy!”
Stephan van Heerden (Klipkerk.co.za)



