Eerlike vertwyfeling (1)

thomas2707

thomas2707Dit sou onregverdig wees om vir Tomas te verwyt vir sy vertwyfeling terwyl ons self so baie daarvan het. Tomas was nie daar toe Jesus die eerste keer aan Sy dissipels verskyn het na Sy opstanding nie. Die ervaring van ander was nie genoeg vir hom nie; hy moes dit self sien. En hy het! Jesus verstaan dat die vrae wat ons sonder bybedoeling vra, ‘n eerlike soeke na die waarheid is. “Agt dae later was Jesus se dissipels weer saam, en Tomas was by hulle. Die deure was op slot en grendel, maar Jesus het tussen hulle kom staan en aan hulle gesê: ‘Vrede vir julle!’ Daarna sê Hy vir Tomas: ‘Bring jou vinger hier en kyk na my hande, en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar glo.’ Tomas het vir Jesus gesê: ‘My Here en my God!'” (Joh 20:26-28 NLV). Daar is 2 belangrike lesse in hierdie gedeelte:

(1) Eerlike vertwyfeling kan tot ‘n beter verhouding met Jesus lei. Ander se getuienis kan jou net tot op ‘n punt dra; uiteindelik moet jy jou eie ondervinding met die Here hê. En jy kan! Tomas het aanvanklik getwyfel, maar het uiteindelik sy lewe as martelaar vir Hom opgeoffer.

(2) Eerlike vertwyfeling kan tot ‘n nuwe vlak van vertroue lei. Dis maklik om te twyfel wanneer alles verkeerd loop, die pyn ondraaglik lyk, en wanneer tragiese dinge met ons gebeur. Dit is ongetwyfeld so. Sulke tye van vertwyfeling dryf ons egter nader aan God vir antwoorde en soos wat ons deur die twyfel werk, versterk dit ons vertroue in God.

Kopiereg 2009 Radiokansel

Scroll to Top