
Vandag kom die geloof van ons voorvaders oral in gedrang – van die skool tot by die werk. Bybelse waardes wat ons vir jare al lei, word deur die Agabs van hierdie wêreld bevraagteken en ondermyn. Die Bybel het dit voorspel en vir ons gesê om bedag te wees daarop, maar om nie bang te wees nie. Vir die kerk in die eindtyd sê God: “Moenie bang wees vir wat julle alles gaan ly nie… Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as kroon gee.” (Openb 2:10 NV). Nabot het geweier om sy waardes prys te gee vir iets wat groter en beter lyk.
Hy het geweier om sy waardes prys te gee vir dié wat in magtige posisies sit. Hy is ‘n voorbeeld vir ons. Staan vierkantig op God se Woord en weier om op te gee.
Maak jou kinders in geloof bymekaar en sê: “Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.” (Jos 24:15 NV).
Bron : Radiokansel




