Neem ‘n sprong in geloof (1)

Image242

Image242Lee Brown het ‘n dogtertjie in die buurt sien bedel. Sy kon haar nie by die plaaslike skool opspoor nie. Daardie dag het Brown besluit om ‘n verskil te maak. Sy het ‘n graad 1-klas van een van die stad se swakste presterende skole aangeneem, en onderneem om enige leerling wat verder wou studeer, se studiegeld te betaal. Brown was nie ryk nie. Sy was ‘n eiendomsagent wat op ‘n klein salaris haarself en haar twee kinders onderhou het. Tog het sy haar belofte gestand gedoen – sy het bykans ‘n kwart van haar jaarlikse salaris bygedra en verder geld ingesamel vir haar projek. Brown se sprong in geloof het leerlinge gered wat andersins op die strate sou beland.

Terwyl hy in Afrika was, het David Livingstone ‘n brief ontvang wat gelees het: “Ons wil vir jou helpers stuur. Is daar ‘n goeie pad waarmee hulle jou kan bereik?” Livingstone het geantwoord: “As hulle net wil kom as daar reeds ‘n goeie pad is, moet hulle dit eerder los. Ek wil mense hê wat wil kom al is daar geen pad nie!” Omring deur 5,000 honger mense, het Jesus vir Sy dissipels gesê: “…gee julle vir hulle kos.” Dit het onmoontlik gelyk, maar toe hulle Hom gehoorsaam, het ‘n wonderwerk gebeur. Christus sal jou voor oënskynlik onmoontlike situasies stel. Moet dit nie vermy nie. Dit is waar jy God sal beleef. As jy net dié dinge aanpak wat jy weet moontlik is uit eie vermoë, sal jy al die eer ontvang sonder dat God ‘n aandeel het. Het jy ‘n opdrag ontvang wat jou noodsaak om in geloof op te tree? Gaan voort, al lyk dit onmoontlik. Jy, en almal om jou, sal die vreugde ervaar om te sien hoe God ‘n wonderwerk doen.”

Radiokansel

Scroll to Top