Dit gaan eise stel!

helping2108

helping2108Dit het vier mans geverg om die man te dra. Wil jy graag siele vir Christus wen? Families herenig? Jou gemeenskap verander? Wees gewaarsku, hoewel die bediening dalk soms maklik lyk, beteken om mense na Jesus te bring die volgende:

(1) Om sensitief te wees vir hulle behoeftes. Die kanse is goed dat iemand na aan jou huidiglik ook soos ‘n verlamde op ‘n mat lê. Al lyk dit van buite of dit goed gaan – innerlik is hulle verwond, buite beheer, verlam – en hulle besef dit. Wanneer hulle alleen is, smeek hulle: “God, tensy U my help, is ek verlore.”

(2) Om hulle enduit te dra. Ons wil mense graag bevryd sien, maar slegs as dit nie persoonlike opoffering verg nie. Dit werk nie so nie. As jy jou verbind het om mense na Jesus te bring, moet jy dit enduit doen. Dit beteken dat jy hulle sal troos, aanmoedig en veilig sal hou totdat Hy oorneem.

(3) Om die genesing aan Jesus oor te laat. Dawid het uitgeroep: “Lei my na die rots hoër as ek.” (Ps 61:3 NLV) Mense wat seer het, weet wat hulle nodig het – en God weet ook. Sodra jy hulle daar gebring het, moet jy terugstaan en die res aan Hom oorlaat. Ons soek graag na uiterlike tekens van verandering, maar Jesus spreek allereers die innerlike toestand aan. Moenie verwag dat God se weë vir jou sin sal maak nie. Weet verseker dat Hy sy werk met hulle sal “voortsit totdat Hy dit voltooi.” (Fil 1:6 NLV)

Kopiereg 2009 Radiokansel

Scroll to Top