Lofbetuiging in die begin

2012-01-24 165740

Ons lees, ‘Al die mense het daarna hard uitgeroep terwyl hulle die Here geloof het omdat die fondasie van die Here se tempel gelê is’ Hoekom moet ons die Here aan die begin van iets prys?

Eerstens, omdat lofprysing ‘n geloofsdaad is. Dit betuig, ‘Here, wat U begin, voltooi U. Dankie dat U U plan aan my gee, want U plan seëvier altyd. Sommige mense dink dat ek gaan misluk, maar ek sal tog slaag met U aan my kant. Ek doen dit nie vir myself nie, maar vir U en met U.’

Tweedens, omdat lofprysing jou versterk. Nehemia het aan sy werkers gesê, ‘”want die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees!”‘ (Nehemia 8:10).

Jy verloor jou krag wanneer jy jou vreugde verloor. Wanneer jy jou krag verloor, verloor jy jou vermoë om die vyand te oorwin. Wanneer jy jou vermoë om die vyand te oorwin, verloor het, is jy verslaan. Wanneer jy egter die Here prys, selfs vir die klein begin, sal Sy vreugde jou versterk sodat dit makliker word om die taak te voltooi. As jy God slegs sou prys wanneer dinge voor die wind gaan, sal jy nie eintlik veel kan lofprys nie, sal jy nie vreugde ondervind nie en sal jy kragteloos wees. Derdens, omdat lofprysing jou omgewing verander. Dink aan kruiwaens, sementmengers, ‘n onvoltooide muur, en mense wat te midde daarvan lofprysing aan God uitskreeu. Dis wat gebeur wanneer jy na lofmusiek of ‘n Christelike radiostasie luister; jou probleme verander nie noodwendig nie, jou gesindheid wel.

Eenvoudig gestel: as jy God selfs aan die begin prys en dank, werk jy beter en word die werk afgehandel!

Bron : Radiokansel

Scroll to Top