
Sy vriend het gevra: “Hoe is dit moontlik?” Michelangelo het gesê: “Hier het ek ‘n lyn versag en daar die lip reguit gemaak, ek het die spiere gedefinieer, dit gepoleer en dit skerper gemaak.” Sy vriend het gesê: “Maar dis klein goedjies!”
Michelangelo het geantwoord: “Dis die klein goedjies wat iets perfek maak, en perfektheid is nie ‘n klein dingetjie nie!” Salomo het geskryf: “Vang vir ons die jakkalse, die klein jakkalsies wat die wingerde verniel, ons wingerde wat al bot.”
Een Bybelonderwyser het dit so gestel: “Klein dingetjies wat onbelangrik lyk kan die “fyn druiwebloeisels” – soos ‘n verhouding, ‘n loopbaan of ‘n lewe wat aan God toegewy is – verniel. Baie van ons kan die groot prentjie van ons lewens en ons verhouding met God sien, maar ons skeep die klein besonderhede af wat nodig is om dit alles in fokus te stel. Ons moet aan die klein dingetjies aandag gee as ons suksesvol wil wees.
As ons getrou is in die klein dingetjies, sal God ons met groter geleenthede seën. Watter klein jakkalsies moet jy vandag vang? ‘n Klein bietjie wrokkigheid teenoor party mense, klein gewoontetjies, klein oneerlikhede?
Maak dit reg, en sien hoe jou lewe verander.
Bron : Radiokansel




