Om ander deur God se oë te sien!

Blue_eye




Untitled Document

Blue_eyeDie verslete Bybel het tussen ander boeke op die winskooptafel gelê. Baie mense het reeds daardeur geblaai en dit weer neergesit. Dit was sekerlik nie twintig rand werd nie. Toe tel ‘n man dit op en onderdruk ‘n kreet van vreugde. Hy het vinnig die karige bedrag betaal. Dié Bybel was ‘n oorspronklike Gutenberg. Die geskatte waarde was tien miljoen rand. ‘n Mens kan wél wonder wie so dom was om dit aan die tweedehandse boekhandelaar te verkoop. Hoeveel keer het die boek van eienaar verwissel voordat dit gered is? Die wêreld het dit eenkant gegooi, onbewus van die waarde daarvan. Ons doen dieselfde, nie waar nie? Die saadjies van grootsheid lê dormant in mense wat nie eintlik na iets lyk nie, totdat hulle meteens ontkiem as hulle herken en liefderik versorg word.

Die waarheid is dat ons almal misken was totdat Jesus ons waarde raakgesien het. Hý het egter nie ‘n winskoopprys betaal nie. Hy het die hoogste prys betaal. Luister: ‘God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was.’

Die wêreld sal hééltemal anders wees as ons elke man, vrou en kind as ‘n waardevolle skat kon sien. Iemand besonders vir God. Iemand vir wie Christus met Sy kosbare bloed betaal het.

Kyk na Matteus. Hy was ‘n veragte tollenaar (belastinggaarder) toe Jesus hom gevind het. Boonop was hy ‘n klerk in die Romeine se diens. Jesus het nogtans vir hom gesê , ‘Kom! Word my dissipel!’ (Matteus 9:9 NLV). Matteus het. Hy het ook sy pen saamgeneem, want die Meester wou hê dat hy ‘n evangelie moes skryf!


Scroll to Top