
Toe Dawid vir sy vyande gevlug het, het hy gebid: “Ek strek my hande uit in gebed na U toe, ek is voor U soos ‘n uitgedorde land. Wys my die pad wat ek moet loop…” (Ps 143:6-8 NV). Sou sy gebed dieselfde gewees het as hy in luuksheid, omring deur slawe, was? Die feit dat hy nie geweet het waar sy volgende ete vandaan sou kom nie en dat hy elke aand buite geslaap het, het sy perspektief verander. Wanneer dit goed gaan, raak ons selfonderhoudend en vergeet ons van God. Geestelik gesproke raak ons brandstof min. Wie se skuld is dit as ons motor se tenk leegloop? Die petrolstasie het nie geskuif nie! Jy kies om verby te ry sonder om te stop! God het gesê: “Ek sal volop water gee op die dorsland…” (Jes 44:3 NV).
Maak Jesus deel van jou lewe elke dag en hou jou geloofstenk vol!
Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)




