
Slegs God weet hoeveel gebede op hierdie oomblik verhoor word van ‘n ouer wat lank gelede namens ‘n kind gebid het. As jy nie tyd het om vir jou kinders en kleinkinders te bid nie, is jy met te veel dinge besig! Niks is meer belangrik as die tyd wat jy om hulle onthalwe saam met God is nie. Dis nooit te laat nie, selfs nie vir die kind wat vir jou net trane en hartseer veroorsaak het nie. Jesus se moeder moes toekyk hoe haar seun gekruisig word, maar het ook die vreugde van Sy opstanding beleef. Jy mag inderdaad na jou graf gaan sonder om te weet of jou gebede beantwoord is, maar moet nooit, nooit ophou bid nie, want: a) God se tydsberekening is anders, dis nie ons s’n nie; b) Sy weë en metodes is ver verhewe bo ons s’n; c) Wanneer ‘n ouer bid – tree God op!
Bron : Radiokansel



