Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Om op water te loop (3)
Die storie van Petrus wat op die water geloop het, eindig met die woorde: “Daarop het die mense op die skuit Hom aanbid.” Hierin is ‘n belangrike beginsel: God onthul Homself. Ons dink na oor wat Hy gedoen het en aanbid Hom. Jou liefde vir Hom groei. Dit mag op ‘n dramatiese wyse gebeur soos om op water te loop. Maar gewoonlik gebeur dit op wyses wat maklik misgekyk kan word, soos ‘n sagte stem wat binne jou fluister: “Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie.” (Heb 13:5)
John Ortberg skryf: “Jy moet God aanbid, nie omdat Sy ego dit nodig het nie, maar omdat jou ervaring van Hom en vreugde in Hom nie volmaak is daarsonder nie. Jy moet Hom aanbid, want daarsonder kan jy maklik vergeet hoe groot God is, en in vrees begin lewe. Jy moet Hom aanbid, want daarsonder kan jy Sy roepstem vergeet en begin om selfbehep te raak. Jy moet Hom aanbid, want daarsonder kan jy die verwondering en dankbaarheid verloor en toe oë deur die lewe gaan. Jy moet Hom aanbid, want jou natuurlike drang is om op jouself te steun en hardnekkig onafhanklik te wees.”
In Markus se weergawe van die verhaal, skryf hy dat die dissipels verbaas was, omdat “hulle harte verhard het.” Elke keer wanneer jy stilstaan en dink waardeur God jou alreeds begelei het, sal jou hart versag en jou lippe verklaar: “Ek sal te alle tye die Here loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees.” (Ps 34:1)
A couple of weeks ago, I received the following message:”You have just received the ‘West Virginia Virus.’ “As we ain’t got no programming experience, this…