
Eendag het ek gelei gevoel om te bid: ‘Here, gee my ‘n hart soos U s’n vir my ma.’ Ek het onmiddellik ‘n visioen van haar gehad as ‘n pragtige, vrolike, begaafde vrou wat niks in gemeen gehad het met die mens wat ek geken het nie…
Ek was besig om haar te sien soos God haar gemaak het om te wees; nie hoe sy geword het nie. Binne ‘n oomblik het ek die stukkies van haar verlede bymekaargesit – haar ma se tragiese dood… haar geliefde oom en peetpa se selfmoord, haar gevoelens van verwerping, skuld, bitterheid en onvergewensgesindheid.
Toe ek die Here se hart op hierdie manier aangeraak het, het dit vir my sulke vergifnis gebring dat ek geen slegte gevoelens gehad het toe sy oorlede is nie. Hoe meer ek haar vergewe het, hoe meer het die Here my gehelp om die goeie dinge te onthou.
Om alles te geniet wat die Here vir jou gee, bid ‘n gebed waarin jy die verlede laat gaan.” Eers dan sal jy kan aanbeweeg.
Bron : Radiokansel



