
herfsmiddag, voordat hy huis toe gegaan het vir aandete, het Pastoor Walter
Klempel solank die kerk se stofie aangesteek vir die kooroefening wat later die
aand sou plaasvind.
Toe dit tyd was om
saam met sy gesin terug kerk toe te gaan, was daar ‘n oponthoud – sy dogter
moes eers iets anders aantrek. Op dieselfde oomblik was ‘n student, Ladona
Vadergrift, besig met ‘n moeilike meetkunde probleem en het besluit om eerder
by die huis te bly om dit op te los. Die susters, Royena en Sadie Estes, se kar
het probleme gegee. Herbert Kipf het in gedagte geraak oor ‘n brief wat hy al
lankal wou skryf. Joyce Black het “bloot lui” gevoel en eers op die
laaste nippertjie vertrek. Die pianis, Marily Paul, het na ete aan die slaap
geraak en haar ma, die koordirigent, het gesukkel om haar wakker te maak.
Vriendinne, Lucille Jones en Dorothy Wood, was laat omdat hulle na ‘n berig oor
die radio geluister het.
Elke enkele koorlid
was laat – iets wat nog nooit vantevore gebeur het nie, en sedertdien ook nog
nie weer nie. Was dit toevallig? Nee! Presies om 19:30 daardie aand het die
West End Kerkgebou ontplof as gevolg van ‘n gaslek wat deur die stofie aangesteek
is, direk onder ‘n leë koorlokaal!
God is besig om jou
te beskerm self wanneer jy nie eers bewus is dat jy bedreig word nie! As sy
kind
“by die Allerhoogste skuiling vind en (sy) beskerming . geniet . Dit is Hy
wat jou uit die voëlvanger se wip hou en . Hy beskut jou onder sy vleuels . Sy
trou beskerm jou aan alle kante . Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm
waar jy ook al gaan,” (Ps. 91:1-11, NAV).
Die Bybel sê:
“Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom dié wat die Here dien, en
red hulle,” (Ps. 34:7, NAV) en “As jy jou vertroue in die Here stel,
is jy veilig,” (Spr. 34:7, NAV). Jy
sê dis toevallig, die noodlot of geluk, óf jy
beskerming!
© 2007 Radiokansel. /
www.radiokansel.co.za




