Troos in moeilike tye

Aanmoediging

AanmoedigingWanneer jou wêreld skielik ineenstort, moet jy onthou dat God se planne vir jou nie tot niet is nie! Wanneer jy vasgekeer voel en geen uitweg sien nie, onthou die volgende:

1) Kyk uit vir die rivier. “Die strome van die rivier bring vreugde…” (Psalm 46:5 NLV). Volgens Ou Testamentiese simboliek, verteenwoordig riviere God se voorsiening in jou behoeftes. Moet jou nie bekommer wanneer elke ander menslike bron opgedroog het nie; kyk uit vir die rivier.

2) Kyk uit vir die stad. God het die “…Godstad, …die heilige woning van die Allerhoogste” (Psalm 46:5 NLV) in ons midde geplant. God se stad, simbool van Sy teenwoordigheid en krag, gee jou die versekering dat Hy in beheer is en dat Hy vrede en orde in jou deurmekaar wêreld sal bring.

3) Kyk uit vir die tekens van God se teenwoordigheid. “As die dag breek, sal God kom help” (Psalm 46:6 NLV). Dagbreek, ‘n simbool van nuwe begin, gee jou die versekering dat ‘n nuwe dag na hierdie moeilike tye sal aanbreek. “Op U ontferming kan ‘n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut” (Klaagliedere 3:23 NLV).

4) “Aanskou die werke van die Here…”(Psalm 46:9 NLV). Kyk terug op die rekord van Sy magtige werke sodat dit jou geloof kan versterk. God is “steeds dieselfde – gister, vandag en vir altyd” (Hebreërs 13:8 NLV). As Hy toe vir jou gesorg het, sal Hy dit nou weer doen.

5) Vertrou op God en ervaar Sy vrede. Op grond van die getoetsde en bewese fondamente van Sy krag en trou: “Wees stil en weet Ek is God!” (Psalm 46:11 NLV).

Bron: Radiokansel

Scroll to Top