Wees gereed (1)

ImageMoses het 80 jaar lank voorberei vir ‘n taak wat 40 jaar lank sou duur. Hy het twee keer so lank voorberei as wat hy geneem het om sy taak uit te voer. Hoe groter jou doel is, hoe groter gaan jou voorbereiding wees! ‘n Groot deel van jou lewe kan gewy word daaraan om jouself voor te berei op ‘n taak wat maar kort en kragtig kan wees. Om egter na die tyd te kan sĂȘ: “Ek het my kursus suksesvol afgehandel” beteken dat jy ‘n suksesvolle lewe gehad het. Dit geld of jy nou opgeroep word om die Comrades of ‘n 100 m te hardloop.
Voordat Paulus sy werk oorgegee het aan Timoteus oorgegee, het hy gesĂȘ: “Werk hard sodat God jou kan goedkeur.” Wie gebruik God nou eintlik? Mense wat goed voorbereid is. Dit maak nie saak of jy geroep word na die sakewĂȘreld, die onderwys, die politiek, kuns, die mediese veld of die bediening nie, hierdie beginsel bly geld – God gebruik mense wat voorbereid is. Die prys wat vir langtermynsukses betaal moet word, kan nie verlaag word nie. Ons almal wil hĂȘ wat suksesvolle mense het, ons is net nie bereid om die prys te betaal wat nodig is om dit te bereik nie. Jy moet voorbereid wees wanneer jou geleentheid opduik.
Abraham Lincoln het gesĂȘ: “Ek sal voorberei en eendag sal ek ‘n kans kry.” Benjamin Disraeli het gesĂȘ: “Die geheim agter ‘n suksesvolle lewe is dat ‘n mens gereed moet wees wanneer dit jou tyd is.” Toe die Jode se toekoms in die weegskaal gehang het, het Mordegai vir Ester gesĂȘ dat haar tyd in die koning se paleis haar voorberei het “juis met die oog op ‘n tyd soos hierdie,” (Ester 4:14). Sy het daarop reageer en die Jode is gered. Al hierdie mense het die nodige talent gehad, hulself voorberei en die meeste gemaak van die geleenthede wat hulle gekry het. Jou grootste uitdaging is nie die gebrek aan geleenthede nie, maar of jy gereed gaan wees wanneer jou geleenthede kom.
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)
Scroll to Top