Ek en my hond is onafskeidbaar. Met sy donker ogies is hy seker een van die mooiste Maltese poedels wat ek nog gesien het. Dalk is ek ‘n klein bietjie subjektief, maar daar is geen hond so spesiaal soos “Ogies” nie. Sy naam vertel die storie van sy mooi oe en omgee vir sy baas. Ek en hy kan nie wag om mekaar te sien na ‘n vakansie nie en gewoonlik spring hy op en af in die sitkamer as hy sy baas gewaar. Ogies is nie net baie spesiaal nie, maar hy speel ‘n belangrike rol in my hantering van stresvolle situasies. Belinda Train ‘n kliniese sielkundige maak juis die opmerking dat diere ‘n rol speel in mense se hantering van stres. Sy is van mening dat diere jou en my help om gewone verskille in die lewe beter te hanteer, maar verder help dit ons ook om ons gevoelens meer te ervaar en aan ander mense te beskryf wat ons voel.
Jy vertrou dus jou kat of hond met jou gevoelens van omgee, omdat daar geen kans vir verwerping in sodanige verhouding is nie. Diere tree elke dag dieselfde teenoor mense op en daar is geen kans dat jou kat of hond emosioneel gaan fluktueer en elke nuwe dag anders teenoor jou gaan optree nie. So is ons diere altyd in voeling met ons gevoelens en hulle steur hulle min aan kort boodskappe en min woorde
My hond is altyd bly om my te sien en as hy sy stert waai weet ek dat Ogies niks terughou nie. Ek besef elke dag dat hy my mooiste en beste waghond is en ek, ja, is sy beste baas!
Tanya du Plessis – Klipkerk