
God het ons geskep om saam met ons te wees. In die tuin van Eden het Hy saam met die man en vrou wat Hy geskep het, rondgeloop, net om by hulle te wees. Toe Hy die volk Israel bymekaar gebring het, het Hy gesê: “Ek sal by julle wees, Ek sal julle God wees en julle sal my volk wees” (Levitikus 26:12 NLV). Die geboorte van Jesus is soos volg aangekondig: “… en die mense sal hom Immanuel noem”, wat beteken “God is by ons” (Matteus 1: 23 NLV). Ek kan myself nie dwing om God lief te hê nie, maar ek kan Hom beter leer ken. En omdat God liefde is, sal my eie liefde vir Hom toeneem soos wat my kennis van Hom toeneem. So, ek kan hierdie dag waarop God as’t ware sê: ‘Ek wil die dag saam met jou spandeer’, gebruik om Hom lief te hê. En môre kan ek Hom ‘n bietjie méér liefhê. DÃt is ‘n “ryk verhouding met God”.
Bron : Radiokansel



