Die moeilikste tye in ‘n mens se lewe is dikwels daardie oomblikke wanneer álles wat ons omtrent God weet, ons nie help nie en ook nie die resultate lewer wat ons verlang nie. Dis wanneer ons Sy stilte leer ken. Wanneer God stilbly, leer Hy ons – selfs in stilte. Hy laat ons toe om te groei deur ons te forseer om te dink, te studeer en gevolgtrekkings te maak terwyl Hy toesig hou, soos die liefdevolle Vader wat Hy is. Geloof groei deur hoor, maar geduld deur stilte. God gee jou geduld wanneer slegte dinge onveranderd bly. Dit is Sy kalmeerpil vir die ontstoke gemoed. Dis die salf wat hy aan jou seer spiere smeer wanneer jy tot breekpunt gespan is. Dis gedurende hierdie tye dat die pyn so lank aanhou dat slegs God die nodige geduld kan vrystel – die suiwer genade om jou deur te dra.
Om te wag hou groot voordele in. Byvoorbeeld, as jy leer om te wag en waar te neem, sal jy beter keuses uitoefen. Dít waarsonder jy nie vandag kan leef nie, kan jy dalk môre met gemak afstaan. ‘…Hy sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie.’ (Psalm 84:11 NLV). Dus, vertrou God wanneer Hy sê, ‘Wag’. Miskien is dit wat jy wil hê nie wat jy nou nodig het nie, of dalk het God iets beter vir jou beplan. Jy vra, ‘Maar wat gaan ek intussen doen?’ Die Bybel sê, ‘Vertrou op die Here! Wees sterk en skep moed! Ja, vertrou op die Here!’ (Psalm 27:14 NLV).
Moenie ‘n herrie opskop nie, moenie druk toepas nie, laat God toe om te werk, en jy sal sterker word en beter resultate kry.
Bron : Radiokansel