Toe Dawid in 1000 v.C. op
onoorwonne vesting bewoon deur ‘n ou vyand wat verklaar het: “Jy sal nooit
hier inkom nie . Selfs die blindes en die lammes sal julle hier uit hou!”
(2 Sam. 5:6, NLV). Was dit die einde van die storie? Nee, dit was net die
begin! Die mure was hoog en die vyand was onverskrokke en beledigend.
“Nogtans het Dawid die Sionsvesting verower. Dit word nou genoem die Stad
van Dawid.” Dit is wat mens ‘n oorwinning noem!
Wat is jou vesting, die een gebied waar Satan sterk
genoeg is om ‘n houvas op jou te hê? ‘n Skerp tong? ‘n Veroordelende
gesindheid? ‘n Lae selfbeeld? ‘n Stryd met ‘n slegte gewoonte wat jy besig is
om te verloor?
Wanneer die vyand sê: “Jy is vas, jy sal nooit
hier uitkom nie,” sê God: Nogtans [ten spyte van hoe dit op die oog af
lyk]. Vestings beteken niks vir God nie, want “die kragtige wapens van God
(
vestings vernietig,” (2 Kor. 10:4, NAV). En Hy sal vir jou doen wat Hy vir
Dawid gedoen het, sodra jy die volgende twee belangrike beginsels verstaan:
(1) Daar is twee stemme wat voortdurend gaan
meeding vir jou aandag. Die een sê: “Moenie opgee nie, jy
ander een sê: “Dit is hopeloos, jy sal dit nooit regkry nie!” Volg
Dawid se voorbeeld en wees selektief na wie jy luister. Doof die stemme uit wat
jou beledig van anderkant die vestingmuur. Maak soos Jesus en in plaas daarvan
om met die duiwel te redeneer, sê eerder: “Moenie in my pad staan nie,
Satan!” (Matt. 16:23, NAV).
(2) Kyk deur geloofsoë. Toe ander mure gesien
het, het Dawid tonnels raakgesien. Hulle het op die probleme gefokus, maar
Dawid het die moontlikhede gesoek. Omdat hy gedoen het wat niemand verwag het,
het hy dit bereik wat niemand van gedroom het nie – en met God se hulp
© 2007 Radiokansel. /
www.radiokansel.co.za