Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Om ouer en wyser te word
Dale Evans (die vrou van die sanger en cowboy-akteur Roy Rogers) het Jesus met haar hele hart liefgehad en seker gemaak dat almal in Hollywood dit weet. Hier is een van haar gebede:
“Here, U ken my beter as wat ek myself ken. Ek is besig om ouer te word. Weerhou my daarvan dat ek nie ‘n babbelkous word nie en veral nie die dodelike gewoonte aanleer om te dink dat ek altyd ‘n opinie oor als moet uitspreek nie. Verlos my van die behoefte om almal se sake uit te sorteer. Hou my gedagtes skoon en sonder eindelose besonderhede, en gee aan my die vleuels om vinnig by die punt uit te kom. Ek vra genade sodat ek geduldig na ander se verhale van hulle pyn sal luister, maar my lippe eerder sal seël wanneer dit oor my eie skete en pyne gaan, want hulle word al hoe meer en ek praat tog so graag daaroor. Ek vra nie dat U vir my ‘n verbeterde geheue moet gee nie, maar eerder groeiende nederigheid en krimpende verwaandheid, veral wanneer my herinneringe bots met die herinneringe van ander. Leer my dat ek ook soms kan fouteer. Gee aan my ‘n liewe geaardheid, maar ek wil nie noodwendig ‘n heilige wees nie. Maak my bedagsaam, en nie humeurig nie; behulpsaam, en nie baasspelerig nie. Met al die wysheid wat U deur al die jare aan my gegee het, voel dit soos ‘n vermorsing as ek dit nie gebruik nie, maar U weet, Here, dat ek op die ou end nog vriende wil oorhê. Gee dus aan my die vermoë om seën raak te sien in onverwagte teëspoed en goedheid in minder perfekte mense. Gee aan my ook die grasie om dit vir hulle te sê. In Christus se Naam. Amen.”