
Dus, droom! Droom groot. Droom dikwels. Iewers in daardie willekeurige idees wat in jou kop maal, is een wat jou hart en verbeelding sal aangryp. En daardie oënskynlike willekeurige idee mag dalk net ontwikkel in ‘n lewensvisie.’ Elke groot prestasie begin as ‘n droom in iemand se hart. Alle ding is twee keer geskep: eers in jou kop en dan in jou lewe.
Dromers laat hul gedagtes buite die grense van wat is rondsweef om ‘n geestelike prentjie te skep van wat kan wees. Hulle is nie altyd die mees talentvolle of mees-geleerde nie – net die wat weier om hulle denke te begrens of om hulself te beperk tot wat ander gedoen het. Om dit te doen, verg moed, baie moed! Op die hakke van elke droom is die duiwel van twyfel. Die oomblik dat jou droom ontstaan, begin jy skielik dink aan al die redes waarom dit dalk nie kan werk nie. En daar sal baie mense wees wat dadelik daardie redes sal beaam. Ten spyte daarvan moet jy voortgaan om te droom; anders gaan jy die res van jou lewe ander mense se drome uitvoer. ‘Jy moet opstaan, want dit is jy wat hierdie ding moet doen. Jy moet sterk wees en jy moet dit doen.”‘
Bron : Radiokansel




