
Dit gebeur toe so dat Johan siek word en Marie vir hom moes sorg, en al die besluite vir hulle al twee neem. Aanvanklik was dit senutergend. Sy het egter besluit om op God te vertrou en haar verantwoordelikheid te aanvaar, en so het sy ‘n interessante ontdekking gemaak: Sekuriteit lê nie in die dinge wat jy het nie, maar in hoe jy hulle hanteer!
Sy het gevind dat dit maklik was om eerder haar vrese in die gesig te staar in vergelyking met al die jare wat sy minderwaardig, hulpeloos en afhanklik gevoel het. As jy vrees toelaat om jou te stop, lewe jy op die ou einde met gevoelens van angs en hulpeloosheid wat ‘n honderd keer erger is as om net jou vrees te oorwin en aan te beweeg.
As jy aanhoudend vir jouself sê dat jy iets nie kan doen nie, sal jy dit nie kan doen nie, selfs al het jy die talent, tyd, hulpbronne, strategie en vriende om dit wel te bereik. As jy sê dat jy in jouself en in God glo, waarborg dit nie jou sukses nie, maar as jy sê dat jy iets nie kan doen nie, waarborg dit jou mislukking.
Konfronteer vandag jou vrese en sien hoe hulle verdwyn.
Bron : Radiokansel



