In die vuur

fire1707

fire1707

Die storie van hierdie drie mans in die vlammende oond laat ons vier dinge besef: (1) Deur God te gehoorsaam spring jy nie noodwendig moeilikheid vry nie. Jy kan nie verwag dat die wêreld jou altyd sal verstaan of waardeer nie. Kyk maar na Christus: “In Hom was daar lewe, en dié lewe het gedien as die lig vir die mense. Die lig verlig die duisternis en die duisternis kan dit nie uitdoof nie” (Joh 1:4-5 NLV).

(2) Jy is nie alleen nie, God is saam met jou in jou nood. Toe koning Nebukadnesar in die brandende oond kyk het hy gesê, “Ek sien dan vier mans in die oond rondloop. Hulle is nie vasgebind nie. Hulle makeer niks. Die vierde een lyk soos ‘n gode seun” (Dan 3:25 NLV). In plaas daarvan om hulle te vernietig, is die toue deur die vuur verbrand en is hulle bevry. Skep moed wanneer jy gebind voel, want die Here sal jou bevry.

(3) Jou nood sal jou getuienis word. Ander kyk na jou. Jou geloof sal hulle lewens aanraak op maniere wat geen preek kan nie. Almal het geweet dat hierdie drie mans gelowig was, maar sou hul geloof hulle van die vuur kon red? Natuurlik!

(4) Aan die einde van jou nood wag daar groot seëninge. “Daarna het hy Sadrag, Mesag en Abednego bevorder” (Dan 3:30 NLV). Dit is ‘n Bybelse beginsel: wanneer jy getrou is in tye van nood, kan God op jou vertrou in tye van voorspoed.

Kopiereg 2009 Radiokansel (www.radiokansel.co.za)

Scroll to Top