Watter foute maak jy? (1)

ship

ship

‘n Plakkaat in ‘n stresvolle verkoopskantoor lees:

Hou jy van reis? Wil jy nuwe vriende ontmoet? Wil jy baie vryetyd in die toekoms verseker? Jy kan! Maak net nog ‘n fout!

Die vrees om foute te maak weerhou ons van ons grootste potensiaal, keer ons om eerlike raad te vra en snoer ons monde ingeval ons gekritiseer of verwerp word. Om suksesvol te wees, moet ons mense toelaat om ‘n bydrae te maak. ‘n Gebrek aan terugvoer kan katastrofies wees. In sy boek, It’s Your Ship, skryf Michael Abrashoff: “Die oomblik toe ek daarvan (die Amerikaanse duikboot USS Greenville het ‘n Japanese vissersboot langs die Honolulu kus gesink) gehoor het, is ek herinner aan die feit dat iemand gewoonlik voor ‘n ongeluk die gevaar aanvoel, maar te bang is om daaroor te praat.

Tydens die Greenville ondersoek het ek in die koerant gelees dat die bemanning van die skip ‘te veel respek gehad het’ vir die kaptein om sy oordeel in twyfel te trek. As dít respek is, dan wil ek niks daarmee te make hê nie. Jy moet mense in jou lewe hê wat jou sal waarsku as hulle dink jy beweeg te vinnig, of in ‘n verkeerde rigting, of jy oorweeg nie al die opsies nie. Die geskiedenis vertel van menige mense in magsposisies wat ‘n klimaat van intimidasie in hul organisasie toegelaat het waarin mense gedwing was om te swyg, terwyl hulle, deur te praat, ‘n tragedie kon verhoed het. Selfs wanneer die huiwering om te waarsku toegeskryf kan word aan bewondering vir ‘n meerdere se kennis en ervaring, moet daar steeds ‘n klimaat geskep word waarin mense besluite in twyfel kan trek.”

Bron: Radiokansel

Scroll to Top