
Hierdie woorde het my baie diep laat nadink. Inderdaad is daar heeltemal te veel kerklikes wat meen hulle is die hoofrolspelers in een of ander godsdienstige “hoe verklaar mens dit?” department hier op aarde. Wel, daardie department is onwettig, uit en gedaan! Nie een van ons is geroep of gekwalifiseerd om God se handelinge tot in die fynste besonderhede te verklaar nie. Ons is slegs geroep om in Hom te glo en Hom lief te hê. En om daar te wees vir mekaar – as sagte kussings! Ons moet mekaar se pyn verlig, nie mekaar se probleme verklaar nie. Ons moet mekaar se hande hoog hou en nie gedurig antwoorde probeer verskaf vir al die raaisels van die lewe nie.
~Stephan Joubert




