Waag, en gee meer!

faith200709

faith200709

Een of ander tyd gaan God jou uitdaag om meer te gee as waarmee jy gemaklik is. Op daardie oomblik sal jou geloof jou dwing om in te stem, of jou vrees jou dwing om te weier. Jou besluit sal jou toekoms bepaal, want wanneer God met jou praat oor ‘n spesifieke saadjie, is dit met ‘n spesifieke oes in gedagte. Soms kom gee vir ons sonder veel inspanning; ander kere laat dit ons ongemaklik voel. Vroeër of later gaan jy jou teen vrees vasloop. Totdat jy dit nie as sulks herken nie, kan jy dit nooit oorbrug nie, met die gevolg dat jy minder sal hê as wat God vir jou bestem het. Wat is die oplossing? Begin anders dink oor eienaarskap! As jy opreg glo dat alles aan God behoort, watter rede het jy om te vrees? As God die in- en uitvloei van jou geld bestuur, is daar mos geen rede om nié te gee nie! Om God by jou geldsake te betrek, beteken dat jy die beheer oor jou geld aan Hom sal toevertrou. En dit is vreesaanjaend. Jesus se rolmodel van vryelik gee, was ‘n weduwee wat haar laaste sent gegee het, en toe niks oorgehad het om op te vertrou nie, behalwe vir God se belofte om na haar om te sien.

God wil nie hê dat jou vrygewigheid ingeperk moet word deur vrees nie. Deur nie in geloof te waag om meer te gee nie, loop jy die gevaar om uit te mis op iets wonderlik wat God vir jou, en deur jou, wil doen!

Kopiereg 2009 Radiokansel

Scroll to Top