Gee Jou Hele Lewe vir Christus

2012-10-04 215716

2012-10-04 215716Daar’s ‘n storie van ‘n man wat ‘n wêreldkaart raaksien terwyl hy die koerant lees. Hy knip dit toe uit, sny dit in stukkies en vra sy klein seuntjie om alles weer bymekaar te sit.

Na ‘n ruk sê die seuntjie vir hom: ‘Ek’s klaar!’ Sy pa was verwonder: ‘So gou? Hoe het jy dit gedoen?’ Die seuntjie sê: ‘Ek het dit omgedraai. Agterop was ‘n prent van ‘n man. Ek het die man aanmekaar gesit – en die wêreld was aanmekaar!’

Jy kan nie die wêreld verander nie, maar Christus kan jou verander. As dit gebeur, begin jou wêreld bymekaar kom. Die Bybel sê: ‘Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens, Die oue is verby, die nuwe het gekom.’

Maar moenie vir Jesus net jou hart gee nie; gee Hom jou hele lewe. Ja, die misdadiger op die kruis het verlossing in sy sterwensoomblikke gekry, so daar is geen ouderdomsperk wanneer dit by redding kom nie. Tog het J. O. Wilson uitgewys: ‘Gestel Paulus is op sewentig bekeer eerder as vyf-en-twintig. Daar sou geen Paulus in die geskiedenis gewees het nie. Daar was ‘n Matthew Henry, want hy is op elf jaar bekeer en nie op sewentig nie…’n Jonathan Edwards want hy is op agt bekeer en nie op tagtig nie; ‘n Richard Baxter want hy is op ses gekeer en nie op sestig nie.

Hoeveel meer is ‘n siel werd wat ‘n leeftyd vol geleenthede voor hom het, as die siel wat niks het nie! Lammers is meer werd as skape in die koninkryk – so-ook in die mark.’

Bron : Radiokansel

Scroll to Top