
Dit het so gewerk: Eerstens moes jy die Opperherder se naam uitvind. Dan moes jy die koord van sy tent vashou en om hulp roep. As jy dit gedoen het, het die wet van gasvryheid hom verplig om jou in die veiligheid van sy tent in te neem. Dieselfde wet het ook gesê dat hy jou met sy eie lewe moes beskerm. God se naam, El Shaddai, beskryf twee wonderlike aspekte van Sy karakter. “El” dui op Sy mag en krag. “Shaddai” beteken letterlik “die een met die sterk bors”, wat verwys na die teerheid van ‘n borsvoedende ma. Sommige dae moet jy na God gaan vir die krag wat nodig is om die vyand se aanval te weerstaan; ander dae is dit net nodig om na Hom toe te gaan dat Hy jou in Sy arms kan hou en vertroos.
As dinge te “warm” word vir jou, hardloop na “die skaduwee van die Almagtige”.
Broin : Radiokansel





