
Die kêrel antwoord: ‘Dis ek, Bill; ek wou net myself laat toets!’
Jy behoort jouself gereeld na te gaan. Die Bybel sê: ‘Om hierdie rede moet ons soveel kragtiger vasgryp aan wat ons gehoor het, sodat ons nie dalk wegdrywe nie’ (Hebreërs 2:1 NV). Daardie woord ‘wegdrywe’ behoort rooi ligte te laat flikker.
Dit gebeur nie oornag nie, maar stadig en onopsigtelik dryf jy van koers af en land op plekke wat jy nooit gedink het jy sal by uitkom nie – plekke vanwaar jy nie sal kan terugkom nie.
‘n Vliegtuig wat een graad van sy vlugplan afwyk, kan sy bestemming met honderde kilometers mis. As hy sonder brandstof raak, gaan hy net een pad – ondertoe.
Welwetende dat hy geneig is om weg te drywe en homself blind te hou vir sy karakterfoute, het die Psalmdigter gebid: ‘Ek het op die Here vertrou en nie getwyfeI nie. Toets my, Here, keur my, ondersoek my deur en deur. Ek laat my deur u liefde lei en ek lewe deur u trou’ (Psalm 26:1-3 BVA). Let op die woord ‘toets’! Toets wat? 1) Jou motiewe, of jou redes waarom jy dinge doen. 2) Jou hartstogte, of die dinge waartoe jy aangetrek word.
Dryf jy van koers af?
Bron : Radiokansel


