
William Harvey het vir agt jaar gewerk om te bepaal hoe bloed deur die menslike liggaam sirkuleer, toe ‘n verdere vyf-en-twintig jaar geneem om die mediese wêreld te oortuig.
Die meeste van ons onderskat die tyd wat nodig is om iets blywends te bereik. Jy moet gewillig wees om te betaal. Om kortpaaie te kies is ‘n teken van ongeduld en swak selfdissipline. Die geheim agter elke deurbraak is om te volhard.
Albert Gray sê: ‘Die gemene deler van elke sukses lê daarin om die gewoonte aan te leer om dinge te doen wat misluktes nie van hou om te doen nie.’ As jy telkens toegee aan jou buie, moet jy jou manier van dinge doen verander. Om dit te doen, moet jy vir jouself standaarde stel wat toerekenbaarheid vereis.
Die gevolge daarvan om nie vol te hou nie, sal jou op jou tone hou soos niks anders nie. Kry jou nuwe standaarde in plek en werk daarvolgens; nie volgens jou buie nie. Dit sal jou op die regte koers dwing. Selfdissipline is ‘n kwaliteit wat alleenlik deur oefening verkry word.
Suksesvolle mense het geleer om te doen wat nie van nature kom nie. Hulle was bereid om ongemak, afleidings en twyfel te verduur, en ten spyte daarvan te volhard.
R. H. Macy, stigter van die Macy’s afdelingswinkels, het in vyf verskillende beroepe misluk – walvisjagter, kleinhandelaar, gouddelwer, aandelemakelaar, eiendomsmakelaar – voordat hy uiteindelik sukses behaal het. Toe hy gevra is wat hom deur al die mislukkings heen onderskraag het, was sy antwoord: ‘Doel en volharding.’ Dit is wat doeners onderskei van dromers!
Dis waarom Paulus geskryf het: ‘Want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel..’
Bron Radiokansel



