Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Go into the world and preach the Gospel. If necessary, use words
Moenie net bid nie, luister!
Het jy al ooit gewonder waarom Jesus nooit ‘n fout gemaak het nie? Hy vertel vir ons: “Die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen maar net wat Hy die Vader sien doen; wat die Vader ook al doen, doen die Seun ook net so. Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy doen . Uit my eie kan Ek niks doen nie: Ek oordeel soos Ek dit van die Vader hoor, en my oordeel is regverdig, omdat dit nie my wil is wat Ek nastrewe nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het,” (Joh. 5:19-20, 30, NAV).
Jesus het dikwels in die nag gebid, tog is baie min van sy gebede opgeskryf. Hoekom? Omdat Hy nie net met sy Vader gepraat het nie, Hy het ook tyd geneem om te luister en instruksies te kry. Jesus het op heuwels en in tuine gebid. As Hy ‘n kar gehad het, sou Hy op pad werk toe gebid het. Gebed en om na God te luister, was so natuurlik soos asemhaal vir Hom. Dit was die geestelike suurstof waarop Hy oorleef het. Wanneer die Bybel sê: “Bid gedurig,” (1 Tess. 5:17, NAV), beteken dit ons moet ten alle tye in voeling met God bly, geestelik sensitief wees en luister na die stil, klein stemmetjie van sy Gees binne-in ons. Daarom moet ons ‘n skoongemaakte hart en verstand hê.
Dank God vir die feit dat jy verstaan wie ons in Christus is, en wat ons gesag as gelowiges is. Tog steek daar meer in gebed as om “met vrymoedigheid na die genadetroon” te gaan, (Heb. 4:16, NAV). Daardie tipe gebed gaan gewoonlik oor dit wat ons wil hê. Hierdie tipe gebed is oor dit wat God wil hê! Aangesien God die plan vir jou lewe saamgestel het, dink jy nie dat dit wys is om stil te word voor Hom sodat Hy jou kan vertel wat dit behels nie?